top of page

Kleinvee

Swartlandskou se Skaapafdeling gaan hierdie jaar weer uit sy nate bars.  Ons skop af met die jaarlikse Swartlandskou BKB & FNB Slaglam kompetisie met meer as n 100 inskrywings.  Woensdag vind die lewendige beoordeling plaas en Donderdagoggend word aan die hak beoordeel.

Besoekers kan ook uitsien na die OVK Interrasuitstalling, Agri Expo WP Streeks Jeugskou, Swartlandskou BKB & FNB Merino Kampioenskappe en Swartlandskou BKB & FNB SA Vleismerino Super 10 Kampioenskappe. 

 

NUUT OP DIE PROGRAM VIR 2024 is die Swartlandskou Skeer Kampioenskappe wat op Saterdag 7 September 2024 sal plaasvind.  Kom besoek gerus ook ons BKB FNB Kleinvee Arena waar besoekers meer kan sien en leer oor die waardeketting van die bedryf.  

Volledige program sal binnekort beskikbaar wees.

Kontak

Die Swartlandskou word jaarliks in September aangebied op die Moorreesburg Skougronde.

Tel. 022 433 1607

info@swartlandskou.co.za

Raak Betrokke

Korporatief en Borgskappe:

marketing@swartlandskou.co.za

Advertensies Besprekings

marketing@swartlandskou.co.za

©2025 Swartlandskou.

bottom of page