top of page

Jeugskou

Landbougenootskappe in SA het die behoefte geïdentifiseer om skoolleerders by landbou betrokke te kry.  Die Nasionale Landbou Jeugvereniging is in 1999 gestig.  Die primêre doel van hierdie organisasie is om ‘n liefde vir landbou te kweek by die jeug asook om die denkwyse van die jeug te verander sodat hulle betrokke kan word in die landbou deur middele van lewensvaardighede, beroepsrigtings, entrepreneurs en jeugskoue.

 

Tydens die jaarlikse Wes-Kaap en Nasionale Kampioenskappe neem leerders in 15 kategorieë deel naamlik:

Melkbeeste, Vleisbeeste, Vleisbokke, Melkbokke, Angorabokke, Pluimvee, Wedvlug Duiwe, Wolskape, Vleisskape, Sierduiwe, Varke, Konyne, Perde, Suiwel Bereiding en Kullinêre Kuns.

 

WAAROM bied die Landbou Jeugvereniging Jeugskoue by Landbouskoue aan? 

 

  • Om deur middel van die Jeugskoue ‘n affiniteit vir die landbousektor by die jeug te kweek

  • Om leerders die geleentheid te gee om op buite kurrikulêre gebied deel te neem aan landbou verwante aktiwiteite

  • Om verskeie vaardighede by die leerders te ontwikkel en om spanwerk te bevorder

 

DIE KONSEP:  Die Jeugskou is geklassifiseer as ‘n sport waar leerders met diere skou.  Die kind se vaardighede word hier beoordeel en nie die dier nie.  Die sport bestaan uit vier afdelings naamlik:

 

  • Teoretiese Kennis:  hierdie vraestelle word net geskryf tydens provinsiale en nasionale kampioenskappe.  Tydens gewone streekskoue vra beoordelaars vrae aan skoumanne uit hul betrokke handleidings om hul kennis van hul dier te toets.

 

  • Was en voorbereiding:  Die deelnemer word beoordeel ten opsigte van sy/haar vaardigheid om die dier te was en voor te berei, sodat die dier op sy beste sal vertoon in die skouring.  Hierde afdeling vind slegs op Provinsiale en Nasionale vlak plaas.

 

  • Kennis:  Deelnemers moet oor n wye algemene kennis beskik van die dier waarmee hul skou, soda thy/sy n teoretiese toets kan skryf oor aspekte soos voeding, gesondheid en voortplanting.  Hierdie toetse word slegs op Provinsiale en Nasionale vlak geskryf.

 

  • Vertoonkuns:  Die deelnemers moet die dier tot die beste van sy/haar vermoë vertoon op grond van die voorgeskrewe riglyne en nasionale Jeugskou standaarde.  Beoordeling vind plaas deur gekwalifiseerde beoordelaars.

 

2024 SWARTLANDSKOU MOORREESBURG se Wes-Kaap Kwalifiserende Streekskou is dan soos oudergewoonte weer die plek om te wees, 4 September 2024 om 12:00 by die SKAAP AFDAK.  Met ons Streeks Jeugskou doen ons net die Skouman gedeelte van die dissipline en die skoumanne se kennis word tydens die kampioenskap mondelings getoets. 

 

Ons beoog om sowat 150+ skoumanne te ontvang wat in die 11 dissiplines van die Jeugskou hier gaan kom deelneem.  Skoumanne kom hier uit verskillende streke teen mekaar kompeteer.  Hulle is verbonde aan skole soos Augsburg Landbou Gimnasium Clanwilliam (Hoër en Laer), Boland Landbouskool Paarl, Oakdale Landbouskool Riversdal, FD Conradie Ceres, Overberg Bredasdorp, om net ‘n paar te noem. Ons poog ook om n Ontwikkelings Span te nooi.

 

Ons bied die volgende Deelname Skoumanklasse aan:

 

  • Vleisbeeste, Melkbeeste

  • Vleisskaap, Wolskaap

  • Boerbok, Melkbok, Angorabok

  • Pluimvee

  • Konyne

  • Perde

  • Jong afslaers kompetisie

 

2024 Jeugskou inskrywing sal binnekort beskikbaar wees.

 

Toeskouers kan ‘n warm baadjie, gemaklike skoene, kontantgeldjie, sonblok en ‘n hoed inpak.  Eetgoed en drinkgoed sal te koop wees by die Veepos en Kafee op die terrein. Alle Jeugskou betrokkenes verkry toegang deur HEK D van die skougronde.  Ons handhaaf Bio Sekuriteit en het professionele Sekuriteit op die terrein.

 

Ons bedank al die Borge en Donateurs wat ons in Skoutyd dra, vir hul betrokkenheid by ons Jeug.

 

Kom geniet die dag saam met ons en die skoumanne !

Inskrwingsvorm 2024 binnekort beskikbaar
bottom of page