Pluimvee
5 – 8 SEPTEMBER 2018
RELINGS VIR DIE PLUIMVEE AFDELING
INSKRYWINGSGELD:
- R15.00 + R1.00 SASPO heffing per enkelinskrywing
- R30.00 + R2.00 SASPO heffing per broeitoom en/of viertal
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS – WOENSDAG 22 AUGUSTUS 2018 om 17:00.
- Pluimvee kan gehok word op Woensdag 05 September 2018 vanaf 08:30 tot 18:00 en Donderdag 06 September 2018 vanaf 08:30 tot 09:00.
- Beoordeling vind plaas vanaf 09:30 Donderdag 06 September 2018.
- Pluimvee sal op Saterdag 08 September 2018 vanaf 15:00 onder toesig, verwyder word.
- Rosette, prysgeld / voer sal aan Raskampioene en Reserwe Raskampioene gegee word.
- Die Beste Groot Hardeveer, Beste Groot Sagteveer, Beste Bantam Hardeveer, Beste Bantam Sagteveer, Beste Rasegte Bantam, Beste Swemvoël en Beste Kalkoen en Beste Inskrywing op Skou sal ook rosette, prysgeld/voer kry, mits voldoende fondse beskikbaar is en borge gekry word.
- Rosette en Prysgeld sal aan nie-lede se “werf- of troetelhoenders” gegee word.
BELANGRIK:
Op versoek van die Skoubestuur, mag geen inskrywings voor 15:00 op Saterdag 08 September 2018, uit die saal verwyder word nie. Vertoners word vriendelik versoek om asseblief aan hierdie versoek te voldoen.