Skou MTB

Swartlandskou 2018 bied aan ‘n MTB resies met twee roetes. Daar is 60km vir die fikse fietsryers onder julle en die roete neem jou deur die Swartland natuurskoon. Die 40km roete is nie-tegnies en geskik vir die hele familie.

Laai die inskrywingsvorm af, vul dit in en stuur dit saam met jou betalingsbewys na fietie75@polka.co.za. Beste van alles – jou fooi sluit in toegang tot Swartlandskou!