
BEESAFDELING
Algemene Reëls 2019
- Toegang van diere: Vanaf Vrydag 6 Sept tot Dinsdag 10 Sept daagliks vanaf 08h00 – 12hoo by Hek D. Kontak Jannie Kotze vir stal aanwysings.
- Koevert met vertoners se toegangs kaartjies, touleier bandjies en 1x parkeerkaartjie sal by Hek D opgetel kan word. U stoet naam sal duidelik op koevert aangebring wees. Geen vertoner sal toegelaat word sonder bg.
- Vragmotors en waentjies sal toegang gegee word om u diere te kom aflaai by laaibank. Daarna moet voertuie buite parkeer.
- Geen diere sal op skou toegelaat word sonder dat sy TB & BM sertifikate hom vergesel nie.
- Alle vertoners neem deel op eie risiko. Swartland skou word nie aanspreeklik gehou vir enige beserings aan persone of diere.
- Geen oop vure sal toegelaat word tussen of naby stalle nie – SLEGS voor slaapkwartiere in n braai drom.
- Elke vertoner is verantwoordelik vir die netheid van sy stalle.
- Alle klaar gebruikte beddegoed (kaf) moet soggens (voor 9h00) uitgedra word tot op punt van gang, tussen slaapkwartiere vir verwydering.
- Vertoners is verantwoordelik vir die maaltye van hulle werknemers.
- Alle touleiers moet geklee wees volgens hul genootskap se skouvereistes.
- Vir enige verdere navrae kontak gerus die sameroeper vir u onderskeidelike ras.
ANGUS
Trotse aanbieder van die 2019 Nasionale Angus Kampioenskappe
LIMOUSIN
SANTA GERTRUDI
SUSSEX
Baie dankie aan ons borge!



