1 – 4 September 2021
Swartlandskou is een van die grootste Landbouskoue in Wes- en Suidkaap met ‘n besoekers getal van 10 000 plus.
Vanaf 1 tot 4 September 2021 sal daar weer ‘n uitmuntende skou aangebied word te Moorreesburg Skougronde. Met die goeie gesindheid van die gemeenskap, uitstallers, donateurs en borge is hierdie datum verseker een wat op die kalender aangeteken moet word!
In hierdie 88ste bestaansjaar bars Swartlandskou behoorlik uit sy nate en kan die skou, net soos in die verlede, spog met die tentoonstelling van die mooiste perde, beeste en skape. Mededingers kom van distrikte buite die gebied en neem ywerig deel aan die bedrywighede.
Optredes en vermaak wat vanjaar in die wyntuin aangebied word, het hoë prioriteit geniet en besondere aandag is gegee aan die samestelling van die program. Bekende kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf sal verseker dat ‘n fees-atmosfeer geskep word wat niemand mag misloop nie!
Swartlandskou 2020 - Gekanseleer
AFDELINGS
Waar is jou belangstelling by die Swartlandskou?
Skoudans
Elke jaar verkoop ons skoudans kaartjie vinnig, kom dans & kuier saam
Damesdag
‘n Jaarlikse hoogtepunt! ‘n Heerlike ontspanne oggend
Vermaak
Vir ieder en elk, besoek gerus die blad vir ons jaarlikse vermaak tydens Swartlandskou
Uitstallers
Topgehalte masjinerie & landbou verwante toerusting, stalletjies, heerlike kosse – iets vir ieder & elk
Jeugskou
‘n Groot hoogtepunt vir ‘n boerehart is ons jeugskou. Ondersteun die jongspan met hulle trots reg van die plaas af
Perde
Skape
Beeste
Trotse afdeling van Swartlandskou. Skryf in en wys jou trots!
TOEGANG 2019
Woensdag: R40
Donderdag: R60
Donderdagaand: R50
Vrydag: R90
Vrydagaand: R100
Saterdag: R120
Kinders o/18: R30
Kinders o/5: Gratis
Pensioenarisse: R20
(Bo 65, ID noodsaaklik)
Kuierpakket: R320pp
(duur van skou & wyntuin)
Familiepakket: R420pp
(2 volwassenes & 2 kinders vir duur van skou)
Ledegeld: R150pp
(duur van skou)
ONS HOOFBORGE

